Missiestelling

Stellenbosch Universiteit Biblioteekdiens  English

 

Visie

U dinamiese vennoot in akademiese uitnemendheid

Missie

Die Missie van die US Bibilioteekdiens is om as ‘n akademiese instelling ‘n voortreflike, dinamiese inligtingsdiens binne die globale inligtingsgemeenskap te verskaf.

Om hierdie doel te bereik, wil ons:

  1. Die Biblioteek ontwikkel as ʼn lewendige en aanloklike fisiese en virtuele ruimte wat medewerking, sosiale netwerkvorming, asook privaat studie en nadenke sal bevorder

  2. ʼn Voorpunt-infrastruktuur voorsien vir inligtingstegnologie om tegnologie-ryke leerruimtes en die behoeftes van die gebruikersgemeenskappe te ondersteun

  3. Die omvang van die Biblioteek se inligtingsbronne verbeter en verryk

  4. ʼn Positiewe organisasie-kultuur van leer en innovering by personeel bevorder

  5. Ondersteun, ontwikkel en bydra tot hoëvlak- wetenskaplike publikasie-uitsette

  6. Vennootskappe sluit met fakulteite ten opsigte van die ontwikkeling van inligtingsgeletterheidsvaardighede


Ons glo in:

  • Innovering – om vir verandering en nuwe idees ontvanklik te wees

  • Bemagtiging – om ontwikkeling en professionalisme te bevorder

  • Kliëntefokus – om kliënte se verwagtinge te oortref

  • Uitnemendheid – om die beste in ons veld en van wêreldgehalte te wees

© 2003 Universiteit Stellenbosch Biblioteekdiens      22-05-2007 opgedateer