|
Hoe importeer ek inligting
vanaf Google Scholar na RefWorks?
Vir direkte importering vanaf Google Scholar na RefWorks, moet die volgende Google Scholar
opstelling gedoen word:
1. Vanaf die
Google Scholar
soekblad, kliek die Scholar Preferences skakel
2. Beweeg af na die Bibliography Manager gedeelte
3. Kliek "Show
links to import citations into"
4. Selekteer RefWorks
5. Kliek Save Preferences
Wanneer u nou 'n soektog in Google Scholar doen, bevat elke vertoonde
resultaat 'n
Import into RefWorks skakel. Die
RefWorks intekenblad word oopgemaak wanneer daarop gekliek word.
[terug na RefWorks blad]
Kan ek .pdfs vanaf my rekenaar as verwysings importeer?
Ongelukkig moet u verwysings aangehaal (tagged) en in teksformaat wees.
Slegs databasis- en Google Scholar verwysings is aangehaal.
Eksporteer die verwysing direk van die bron, d.w.s. Google Scholar of
databasis na RefWorks. Kliek
hier
vir instruksies oor hoe om verwysings vanuit enige van hierdie bronne na
RefWorks te importeer.
Kan ek my RefWorks verwysings na
Endnote, ProCite of Reference Manager eksporteer?
Ja.
RefWorks bied verskeie eksporteer moontlikhede vir gebruik saam met
ander programme.
1.
Teken aan op u
RefWorks
rekening
2. Gaan na Tools
- Export References
3. Maak 'n seleksie van References to include
4. Maak seker Export Format
Bibliographic Software (Endnote, Reference Manager, Procite)is gemerk
5. Kliek die Export to Text File knoppie om die databasis op u rekenaar te stoor
6. U kan nou die lêer na EndNote, ProCite, Reference Manager of enige ander program wat die
RIS formaat ondersteun, eksporteer
[terug na RefWorks blad]
Kan ek my Endnote, Reference Manager of
ProCite verwysings na RefWorks eksporteer?
Ja. Kliek
hier vir instruksies oor hoe om u data vanaf enige ander
bibliografiese bestuurstelsel na RefWorks te eksporteer.
[terug na RefWorks blad]
Wat as ek 'n foutboodskap kry wanneer ek van
Reference Manager na RefWorks eksporteer?
Gebruik die
WNC3 Tools Menu om die dokument eers na WNC2 terug te skakel en
daarna weer na WNC3 formaat.
Maak
seker:
- all verwysingplekhouers het krulhakies aan die begin en einde
{{}}.
Gebruik "Find" om al die plekhouers te vind en korrigeer.
- alle
meervoudige verwysingplekhouers word deur 'n kommapunt geskei.
Voorbeeld:
{{39 Smith 2001; 57 Jones 2004}}.
- binneteksskakels verskyn direk na die verwysingplekhouer, maar
voor die kommapuntskeiding. Voorbeeld: {{39 Smith 2001/f p. 43; 57
Jones 2004}}.
- die verwysingsidentifikasienommers wat aangehaal word is in u
RefWorks databasis.
Gebruik 'n ander
uitkomsstyl om u bibliografie te formatteer. Moontlik kry u 'n meer
gedetailleerde foutboodskap wat u nader aan 'n oplossing bring.
[terug na RefWorks blad]
Kan ek my verwysings van die een
RefWorks rekening na 'n ander skuif?
Ja.
Eksporteer verwysings:
1.
Teken aan op u
RefWorks
rekening
2. Gaan na
References
- Export
3. Maak 'n seleksie van References to include
4. Maak seker Export Format
RefWorks Tagged Format
is gemerk
5. Kliek die Export to Text File knoppie om die databasis op u rekenaar te stoor
Importeer
verwysings in RefWorks Tagged Format:
1.
Teken aan op u
RefWorks
rekening
2. Gaan na
References
- Import
3. Kies Import Filter/Data Source
RefWorks Tagged Format
4. Browse om die .txt op u rekenaar op te spoor
5. Kliek
Import
6. Die verwysings behoort in u Last
Imported Folder te verskyn
[terug na RefWorks blad]
Hoe
versoenbaar is
Refworks en oopbron produkte soos Latex, Linex en Linx?
Huidiglik is daar nie 'n Write-N-Cite weergawe vir Open Office of
Linux beskikbaar nie. RefWorks stel voor dat die Open Office
gebruiker die verwysing met die hand intik of die One / Line Cite
opsie gebruik om dit te kopieer en in RefWorks te plak.
[terug na RefWorks blad]
Wat is Write-N-Cite?
Write-N-Cite is 'n RefWorks funksie wat u toegang gee tot u verwysings
in RefWorks terwyl u in Microsoft Word werk. Deur Write-N-Cite te
installeer, kan u met die druk van 'n knoppie u gestoorde verwysings by
u navorsingsteks voeg en wanneer u gereed is, 'n bibliografie aanheg.
Kyk
na 'n Write-N-Cite demo.
Vir inligting aangaande die installasie en om die Windows weergawe van
Write-N-Cite af te laai,
kliek hier
Mac kliënte,
kliek hier vir verdere inligting en
Write-N-Cite aflaai instruksies.
Ná installering verskyn 'n RefWorks knoppie op u Word nutsbalk
(toolbar). RefWorks is ook toeganklik via Word se Tools
spyskaart en die ikoon op u rekenaarskerm.
Wanneer u Write-N-Cite buite-kampus gebruik, sal u vir 'n Groepkode
gevra word. Om hierdie kode te bekom, stuur asb. 'n
e-pos
of bel (021) 808-4884 met u naam en studentenommer / UT nommer.
[terug na RefWorks blad]
RefGrab-It werk saam met die webblaaier (browser) om sodoende die
bibliografiese inligting van webblaaie vas te vang en te stoor en u
die opsie te gee om die data by u RefWorks rekening te voeg.
Kliek hier
vir instruksies en vir die aflaai van dié klein en gratis programmetjie
na u rekenaar.
Aflaai instruksies vir IE8 gebruikers:
-
Teken aan op
RefWorks. Binne RefWorks, gaan na Tools - RefGrab-It.
-
Regsklik die
RefGrab-It bookmarklet skakel onder punt 2 van die Internet
Explorer Users (PC) hofie en kies "Add to Favorites ...".
Moenie die verdere instruksies op daardie blad volg nie.
-
Sê "Yes" vir alle
sekuriteitswaarskuwings.
-
Kies die
Favourites Bar vanaf die "Create in:" spyskaart. Klik Add.
-
RefGrab-IT sal
nou op jou Internet Explorer taakbalk verskyn.
-
Om
funksionaliteit te verbeter, skakel jou IE pop-up blocker af
deur te klik op Tools - Pop-up Blocker - Turn Off Pop-up Blocker.
[terug na RefWorks blad]
Waar word my verwysings gestoor?
U verwysings word buite-kampus op die RefWorks
bediener gestoor. U kan enige plek, enige tyd toegang daartoe
verkry deur u RefWorks individuele gebruikersnaam en wagwoord te gebruik.
[terug na RefWorks blad]
Hoe genereer ek 'n bibliografie per hoofstuk?
Om 'n
bibliografie per hoofstuk te genereer en die verwysingslys te hernommer,
moet u 'n aparte bibliografie vir elke hoofstuk skep.
Breek die dokument op in hoofstukke en lê elke hoofstuk apart voor
om sodoende die bibliografie te skep. [terug
na RefWorks blad]
Wat as ek, terwyl ek my dokument skryf, van Word of Write-N-Cite weergawe verander?
Wat as ek, terwyl ek my dokument skryf, van Word of
Write-N-Cite weergawe verander?
Wanneer
u 'n bibliografie probeer genereer, mag u die volgende foutboodskap sien:
The following Errors were found while processing your document
-
The following error occurred attempting to read
your document : 'length' is null or not an object
Die boodskap dui aan dat 'n gedeelte van die
dokument in Write-N-Cite v.2 geskryf is en 'n gedeelte in Write N Cite III.
1. Maak die dokument oop en teken aan op
Write-N-Cite
2. Klik Tools - Revert to WNC V.2 Document and skakel die
dokument om
3. Save die dokument
4.
Klik
Tools - Convert to WNC III Document - Convert
5. Save die dokument weer
6. Probeer weer om die bibliografie te genereer
[terug
na RefWorks blad]
Wat as my Write-N-Cite byvoeging (add-in) in Word nie
wil oopmaak nie?
Die
probleem word skynbaar deur 'n sekuriteitsprogram soos 'n brandmuur
en/of antivirusprogram op 'n rekenaar veroorsaak. Die Windows
brandmuur en die antivirusprogram moet spesiaal vir Write-N-Cite
gekonfigureer word. Maak seker die Write-N-Cite program is as
betroubare sagteware (trusted application) in die opstellings gelys.
Sien
dokument aangeheg. Indien u program nie in die dokument gelys word
nie, verwys dit na die spesifieke verskaffer se dokumentasie of
hulptoonbank.
Neem asb. kennis dat die Kaspersky antivirusprogram tans nie vmet
Write-N-Cite ersoenbaar is nie.
Indien u hierna steeds probleme ondervind, kontak
support@refworks-cos.com.
[terug
na RefWorks blad]
|
Wat gebeur met my verwysings sou ek die Universiteit
verlaat?
U kan óf besluit om u US rekening na 'n individuele subskripsie om te
skakel óf om u rekening na u nuwe werkgewer se RefWorks subskripsie oor
te beweeg. Vanuit u bestaande RefWorks rekening, kies
Tools - Backup/Restore
en stoor 'n kopie van u databasis as 'n .zip of .rwb op u rekenaar.
Vanuit u nuwe RefWorks rekening, kies
Tools - Backup/Restore
en gebruik die Restore opsie om die gestoorde .zip of .rwb by u
nuwe rekening te voeg.
[terug
na RefWorks blad]
Het alumni van die Universiteit toegang tot RefWorks?
Ja.
Die RefWorks Alumni Program bied aan gebruikers wat alumni van 'n
subskripsie-instansie is, lewenslange toegang. So lank as wat die
instansie 'n subskripsie vir RefWorks het, het alumni toegang tot hul
persoonlike navorsingsdatabasisse vir toekomstige professionele en
akademiese verpligtinge.
1. Gaan na
http://www.refworks.com/refworks
2. Kies Login using your Group Code
3. Sleutel die groepkode in (stuur asb. 'n
e-pos of bel (021)
808-4884 met u naam en studentenommer / UT nommer om die groepkode
te bekom)
4. Kliek Go to Login
5. U sal gevra word om u individuele RefWorks gebruikersnaam en wagwoord in te
sleutel
Kliek hier vir meer
inligting omtrent die program.
[terug
na RefWorks blad]
|
|