
|
|
Nuwe E-bronne |
|
Stellenbosch
Universiteit Biblioteekdiens
|
|
|
2011
AccessPhysiotherapy van McGraw-Hill is ‘n bekroonde bron vir fisioterapie studente, opvoeders en praktisyns in die veld wat hul sertifisering op datum wil hou. AccessPhysiotherapy is dié toonaangewende aanlyn fisioterapie bron en sluit handboeke, interaktiewe beeldmateriaal, eksklusiewe multimedia en aanpasbare kurrikulêre hulpmiddels in. (Meer omtrent ...)
Die British Pharmacopoeia (BP) is die amptelike versameling van standaarde vir die Verenigde Koninkryk se mediese produkte en farmaseutiese middels. Dit word uitgegee deur die British Pharmacopoeia Commission Secretariat of the Medicines and Healthcare Products Regulatory Agency. Die BP lewer ‘n waardevolle bydrae tot die openbare gesondheidsorg deur die vasstelling van openbaar-toeganklike standaarde vir die gehalte van medisyne. (Meer omtrent ...)
IOP
Science Extra is 'n platform vir
IOP-gebaseerde tydskrifinhoud.
(Meer omtrent
...)
OECD iLibrary (voorheen SourceOECD) is die gesamentlike handelsmerk vir die aanlyndienste van OECD Publishing. OECD iLibrary bestaan uit 17 tematiese boekversamelings (rofweg 50 boeke per jaar), 14 vaktydskrifte, 24 navorsingsreekse en 22 OECD statistiese databasisse. (Meer omtrent ...)
Elsevier se Reaxys databasis is die opvolger van die Crossfire Beilstein en Gmelin databasis. (Meer omtrent ...)
Sage Journals
Online: Die Biblioteek teken nou in op die volledige pakket van
Sage tydskrifte. Hierdie subskripsie verleen toegang tot meer as 500
volteks akademiese tydskrifte in die sosiale, geestes- en
lewenswetenskappe. 2010
Wiley-Blackwell is een van die wêreld se toonaangewende bronne vir studie, onderrig en gevorderde navorsing. Dit bied toegang tot meer as 4 miljoen interdissiplinêre artikels uit byna 1 500 vaktydskrifte. (Meer omtrent ...)
Kirk-Othmer Encyclopedia of Chemical Technology bied 'n wye verskeidenheid artikels oor chemiese stowwe, insluitend hul kenmerke, vervaardiging en gebruike. Dit fokus ook op nywerheidsprosesse en bedryfseenhede in chemiese ingenieurswese. (Meer omtrent..)
MyiLibrary
is 'n versameling van akademiese e-boeke oor verskeie onderwerpe.
Universiteit Stellenbosch se versameling bestaan oorwegend uit regsboeke.
(Meer omtrent..) |
|||||||||
|
© 2003 Universiteit Stellenbosch Biblioteekdiens / 2013/02/01 opgedateer |