Algemene Vrae

Stellenbosch Universiteit Biblioteekdiens English

 

Wat is RefWorks?

RefWorks is 'n webgebaseerde navorsingsbestuurstelsel soortgelyk in funksie aan programmatuur soos EndNote, Reference Manager en ProCite.  Kliënte daarvan kan enige tipe inligting maklik versamel, bestuur, stoor en deel, asook hul werkstukke en bibliografieë outomaties formateer.  Daar is geen koste verbonde aan die gebruik daarvan vir Universiteit Stellenbosch personeel en studente nie.

Kliënte skep hul eie persoonlike rekeninge in RefWorks.  Die RefWorks Write-N-Cite funksie laat die outomatiese formatering van voetnotas, endnotas en bibliografieë in werkstukke in Microsoft Word toe. [terug na RefWorks blad]

Hoe verkry ek toegang tot RefWorks?

US kliënte kan op verskeie maniere toegang tot RefWorks verkry:

1. Kliek Databasisse vanaf die biblioteek se webblad.  Kies RefWorks van die lys
2. Die Indago webblad
3. Vanaf die Navorsingsondersteuningsportaal onder Bestuur jou verwysings

Op kampus:

Kliek hier om na RefWorks te gaan.  RefWorks sal u rekenaar se IP adres herken en die User Login for Universiteit Stellenbosch venster vertoon.


Buite-kampus:

RefWorks ondersteun afstandstoegang vir alle US studente, personeel en alumni. Wanneer 'n kliënt vanaf 'n rekenaar met 'n IP adres van buite die US probeer inteken, sal hy/sy vir 'n groepkode gevra word.  Stuur asb. 'n e-pos of bel (021) 808-4884 met u naam en studentenommer / UT nommer om die groepkode te bekom.

1. Gaan na http://www.refworks.com/refworks
2. Kies Login using your Group Code
3. Sleutel die groepkode in
4. Kliek Go to Login
5. U sal gevra word om u individuele RefWorks gebruikersnaam en wagwoord in te sleutel

[terug na RefWorks blad]

Hoe skep ek 'n RefWorks rekening?

Indien u RefWorks die eerste keer gebruik, sal u 'n gratis individuele rekening vir uself moet skep (meer as een rekening per kliënt is moontlik).  Sodra u rekening geskep is, sal u elke keer wanneer u op RefWorks inteken, vir u RefWorks gebruikersnaam en wagwoord gevra word.

Hoe om 'n individuele rekening te skep:

1. Gaan na http://www.refworks.com/refworks
2. Kliek Sign up for an Individual Account onder New to RefWorks?
3. Sleutel die verlangde inligting in en kliek Register

Sodra u geregistreer is, sal 'n bevestiging van registrasie per e-pos aan u gestuur word. [terug na RefWorks blad]
 

Is meer as een RefWorks rekening per kliënt toelaatbaar?

Ja, 'n individu mag meer as een rekening hê.

Bogenoemde kan handig te pas kom wanneer u een rekening met 'n navorsingsgroep wil deel terwyl 'n ander rekening vir privaatgebruik alleenlik aangewend word. [terug na RefWorks blad]


Refworks vra vir 'n groepkode. Wat sleutel ek in?

RefWorks ondersteun afstandstoegang vir alle US studente, personeel en alumni.  Wanneer 'n kliënt vanaf 'n rekenaar met 'n IP adres van buite die US probeer inteken, sal hy/sy vir 'n groepkode gevra word.  Stuur asb. 'n  e-pos of bel (021) 808-4884 met u naam en studentenommer / UT nommer om die groepkode te bekom.

1. Gaan na http://www.refworks.com/refworks
2. Kies Login using your Group Code
3. Sleutel die groepkode in
4. Kliek Go to Login
5. U sal gevra word om u individuele RefWorks gebruikersnaam en wagwoord in te sleutel

[terug na RefWorks blad]


Hoe importeer ek inligting vanaf
Microsoft Access, Excel en Word na RefWorks?

Kliek hier vir 'n RefWorks gids tot die omskakeling van Microsoft Access, Excel and Word dokumente vir importering na RefWorks. [terug na RefWorks blad]
 

Hoe importeer ek inligting vanaf Google Scholar na RefWorks?

Vir direkte importering vanaf Google Scholar na RefWorks, moet die volgende Google Scholar opstelling gedoen word:

1. Vanaf die
Google Scholar soekblad, kliek die Scholar Preferences skakel
2. Beweeg af na die Bibliography Manager gedeelte
3. Kliek "Show links to import citations into"
4. Selekteer RefWorks
5. Kliek Save Preferences

Wanneer u nou 'n soektog in Google Scholar doen, bevat elke vertoonde resultaat 'n Import into RefWorks skakel. Die
RefWorks intekenblad word oopgemaak wanneer daarop gekliek word.
[terug na RefWorks blad]

Kan ek .pdfs vanaf my rekenaar as verwysings importeer?

Ongelukkig moet u verwysings aangehaal (tagged) en in teksformaat wees.  Slegs databasis- en Google Scholar verwysings is aangehaal.  Eksporteer die verwysing direk van die bron, d.w.s. Google Scholar of databasis na RefWorks.  Kliek hier vir instruksies oor hoe om verwysings vanuit enige van hierdie bronne na RefWorks te importeer.

Kan ek my RefWorks verwysings na Endnote, ProCite of Reference Manager eksporteer?

Ja. RefWorks bied verskeie eksporteer moontlikhede vir gebruik saam met ander programme.

1. Teken aan op u RefWorks rekening
2. Gaan na
Tools - Export References
3. Maak 'n seleksie van References to include
4. Maak seker Export Format
Bibliographic Software (Endnote, Reference Manager, Procite)
is gemerk
5. Kliek die Export to Text File knoppie om die databasis op u rekenaar te stoor
6. U kan nou die lêer na EndNote, ProCite, Reference Manager of enige ander program wat die
    RIS formaat ondersteun, eksporteer

[terug na RefWorks blad]

Kan ek my Endnote, Reference Manager of ProCite verwysings na RefWorks eksporteer?

Ja. Kliek hier vir instruksies oor hoe om u data vanaf enige ander bibliografiese bestuurstelsel na RefWorks te eksporteer. [terug na RefWorks blad]

Wat as ek 'n foutboodskap kry wanneer ek van Reference Manager na RefWorks eksporteer?

Gebruik die WNC3 Tools Menu om die dokument eers na WNC2 terug te skakel en daarna weer na WNC3 formaat. 

Maak seker:
- all verwysingplekhouers het krulhakies aan die begin en einde
{{}}.  Gebruik "Find" om al die plekhouers te vind en korrigeer.
- alle meervoudige verwysingplekhouers word deur 'n kommapunt geskei. Voorbeeld:
{{39 Smith 2001; 57 Jones 2004}}.
- binneteksskakels verskyn direk na die verwysingplekhouer, maar voor die kommapuntskeiding. Voorbeeld: {{39 Smith 2001/f p. 43; 57 Jones 2004}}.
- die verwysingsidentifikasienommers wat aangehaal word is in u RefWorks databasis.

Gebruik 'n ander uitkomsstyl om u bibliografie te formatteer. Moontlik kry u 'n meer gedetailleerde foutboodskap wat u nader aan 'n oplossing bring.  [terug na RefWorks blad]

Kan ek my verwysings van die een RefWorks rekening na 'n ander skuif?

Ja.

Eksporteer verwysings:
1.
Teken aan op u RefWorks rekening
2. Gaan na
References - Export
3. Maak 'n seleksie van References to include
4. Maak seker Export Format
RefWorks Tagged Format
is gemerk
5. Kliek die Export to Text File knoppie om die databasis op u rekenaar te stoor

Importeer verwysings in RefWorks Tagged Format:
1.
Teken aan op u RefWorks rekening
2. Gaan na
References - Import
3. Kies Import Filter/Data Source
RefWorks Tagged Format

4. Browse om die .txt op u rekenaar op te spoor
5. Kliek
Import
6. Die verwysings behoort in u Last Imported Folder te verskyn

[terug na RefWorks blad]

Hoe versoenbaar is Refworks en oopbron produkte soos Latex, Linex en Linx?

Huidiglik is daar nie 'n Write-N-Cite weergawe vir Open Office of Linux beskikbaar nie. RefWorks stel voor dat die Open Office gebruiker die verwysing met die hand intik of die One / Line Cite opsie gebruik om dit te kopieer en in RefWorks te plak.  [terug na RefWorks blad]

Wat is Write-N-Cite?

Write-N-Cite is 'n RefWorks funksie wat u toegang gee tot u verwysings in RefWorks terwyl u in Microsoft Word werk.  Deur Write-N-Cite te installeer, kan u met die druk van 'n knoppie u gestoorde verwysings by u navorsingsteks voeg en wanneer u gereed is, 'n bibliografie aanheg.  Kyk na 'n Write-N-Cite demo.

Vir inligting aangaande die installasie en om die Windows weergawe van Write-N-Cite af te laai,
kliek hier
Mac kliënte, kliek hier vir verdere inligting en
Write-N-Cite aflaai instruksies.

Ná installering verskyn 'n RefWorks knoppie op u Word nutsbalk (toolbar).  RefWorks is ook toeganklik via Word se Tools spyskaart en die ikoon op u rekenaarskerm.

Wanneer u Write-N-Cite buite-kampus gebruik, sal u vir 'n Groepkode gevra word. Om hierdie kode te bekom, stuur asb. 'n e-pos of bel (021) 808-4884 met u naam en studentenommer / UT nommer. [terug na RefWorks blad]


Wat is RefGrab-It?

RefGrab-It werk saam met die webblaaier (browser) om sodoende die bibliografiese inligting van webblaaie vas te vang en te stoor en u die opsie te gee om die data by u RefWorks rekening te voeg. 

Kliek hier vir instruksies en vir die aflaai van dié klein en gratis programmetjie na u rekenaar.

Aflaai instruksies vir IE8 gebruikers:

  • Teken aan op RefWorks. Binne RefWorks, gaan na Tools - RefGrab-It.

  • Regsklik die RefGrab-It bookmarklet skakel onder punt 2 van die Internet Explorer Users (PC) hofie en kies "Add to Favorites ...".  Moenie die verdere instruksies op daardie blad volg nie.

  • Sê "Yes" vir alle sekuriteitswaarskuwings.

  • Kies die Favourites Bar vanaf die "Create in:" spyskaart. Klik Add.

  • RefGrab-IT sal nou op jou Internet Explorer taakbalk verskyn.

  • Om funksionaliteit te verbeter, skakel jou IE pop-up blocker af deur te klik op Tools - Pop-up Blocker - Turn Off Pop-up Blocker.

 [terug na RefWorks blad]

Waar word my verwysings gestoor?

U verwysings word buite-kampus op die RefWorks bediener gestoor.  U kan enige plek, enige tyd toegang daartoe verkry deur u RefWorks individuele gebruikersnaam en wagwoord te gebruik.  [terug na RefWorks blad]

Hoe genereer ek 'n bibliografie per hoofstuk?

Om 'n bibliografie per hoofstuk te genereer en die verwysingslys te hernommer, moet u 'n aparte bibliografie vir elke hoofstuk skep. Breek die dokument op in hoofstukke en  lê elke hoofstuk apart voor om sodoende die bibliografie te skep. [terug na RefWorks blad]

Wat as ek, terwyl ek my dokument skryf, van Word of Write-N-Cite weergawe verander?

Wat as ek, terwyl ek my dokument skryf, van Word of Write-N-Cite weergawe verander?

Wanneer u 'n bibliografie probeer genereer, mag u die volgende foutboodskap sien:

The following Errors were found while processing your document

  • The following error occurred attempting to read your document : 'length' is null or not an object

Die boodskap dui aan dat 'n gedeelte van die dokument in Write-N-Cite v.2 geskryf is en 'n gedeelte in Write N Cite III.

1. Maak die dokument oop en teken aan op
Write-N-Cite
2. Klik Tools - Revert to WNC V.2 Document and skakel die dokument om
3. Save die dokument
4. Klik Tools - Convert to WNC III Document - Convert
5. Save die dokument weer
6. Probeer weer om die bibliografie te genereer

[terug na RefWorks blad]

Wat as my Write-N-Cite byvoeging (add-in) in Word nie wil oopmaak nie?

Die probleem word skynbaar deur 'n sekuriteitsprogram soos 'n brandmuur en/of antivirusprogram op 'n rekenaar veroorsaak.  Die Windows brandmuur en die antivirusprogram moet spesiaal vir Write-N-Cite gekonfigureer word.  Maak seker die Write-N-Cite program is as betroubare sagteware (trusted application) in die opstellings gelys.  Sien dokument aangeheg. Indien u program nie in die dokument gelys word nie, verwys dit na die spesifieke verskaffer se dokumentasie of hulptoonbank.

Neem asb. kennis dat die Kaspersky antivirusprogram tans nie vmet Write-N-Cite ersoenbaar is nie.

Indien u hierna steeds probleme ondervind, kontak support@refworks-cos.com.

[terug na RefWorks blad]


Wat gebeur met my verwysings sou ek die Universiteit verlaat?

U kan óf besluit om u US rekening na 'n individuele subskripsie om te skakel óf om u rekening na u nuwe werkgewer se RefWorks subskripsie oor te beweeg.  Vanuit u bestaande RefWorks rekening, kies Tools - Backup/Restore en stoor 'n kopie van u databasis as 'n .zip of .rwb op u rekenaar.

Vanuit u nuwe RefWorks rekening, kies
Tools - Backup/Restore en gebruik die Restore opsie om die gestoorde .zip of .rwb by u nuwe rekening te voeg.  
[terug na RefWorks blad]

Het alumni van die Universiteit toegang tot RefWorks?

Ja.  

Die RefWorks Alumni Program bied aan gebruikers wat alumni van 'n subskripsie-instansie is, lewenslange toegang.  So lank as wat die instansie 'n subskripsie vir RefWorks het, het alumni toegang tot hul persoonlike navorsingsdatabasisse vir toekomstige professionele en akademiese verpligtinge.

1. Gaan na http://www.refworks.com/refworks
2. Kies Login using your Group Code
3. Sleutel die groepkode in (
stuur asb. 'n e-pos of bel (021) 808-4884 met u naam en studentenommer / UT nommer om die groepkode te bekom)
4. Kliek Go to Login
5. U sal gevra word om u individuele RefWorks gebruikersnaam en wagwoord in te sleutel

 
Kliek hier vir meer inligting omtrent die program.
 [terug na RefWorks blad]

 

Waar kan ek om RefWorks hulp aanklop?

1. Begin by die RefWorks Quick Start Guide, die basiese webgebaseerde tutoriale of die 
    omvattende helpfunksie beskikbaar vanaf die Help spyskaart binne RefWorks.

2. Indien u plaaslike hulp of opleiding benodig, kontak gerus u Fakulteitsbibliotekaris.


[terug na RefWorks blad]

RefWorks 2.0: Nuwe Gesig!

Wanneer u nou op RefWorks aanteken, sal u 'n nuwe RefWorks 2.0 skakel in die boonste regterhoek opmerk.  Teen einde 2011 sal die US die bestaande RefWorks gesig met die nuwe RefWorks 2.0 vertoon vervang.  Dus, klik gerus die RefWorks 2.0 skakel om met die nuwe gesig vertroud te raak.  Vanuit 2.01 is daar 'n RefWorks Classic skakel terug na die bestaande gesig toe.  Geen data sal verlore gaan met die heen-en-weer beweeg tussen RefWorks Classic en RefWorks 2.0 nie en sal onthou watter gesig u die laaste op aangeteken was met aftekening. 

RefWorks 2.0 Quick Start Guide
RefWorks 2.0 Fundamentals Workbook
RefWorks 2.0 Advanced Features Workbook

Alternatiewelik kan u gerus na die volgende video kyk.

[terug na RefWorks blad]

© 2003 Universiteit Stellenbosch Biblioteekdiens / 2013/02/01 opgedateer

(Bo)

Stellenbosch Universiteit Biblioteekdiens - Uitleen refworks_faq