Verwysingshulpmiddele

Stellenbosch Universiteit Biblioteek- en Inligtingsdiens
 

English

                                                                                                                    

By sommige skakels sal 'n internet wagwoord (Inetkey) nodig wees
 

 

 

Waarom moet ek verwys?
 

"Ons verwys om erkenning aan daardie persone te gee wat die intellektuele eienaars is van die inligting wat ons gebruik het. Die intellektuele eienaars kan byvoorbeeld die outeurs van boeke of artikels, die ontwerpers van ’n produk, die vervaardigers van ’n film, of selfs die opstellers van ’n webwerf wees." (Van Dyk & Coetzee, 2010:4).

 

Wanneer moet ek verwys?
 

"Jy moet verwys wanneer jy ’n outeur se woorde direk aanhaal; iemand anders se idees in jou eie woorde omsit (parafraseer); ’n opsomming van iemand anders se idees maak; data, feite of ander inligting van enige bron gebruik; en tabelle, figure, diagramme, foto’s, of enige ander grafika wat nie jou eie is nie, gebruik." (Van Dyk & Coetzee, 2010:5).

 

Wanneer hoef ek nie te verwys nie?
 

"Jy hoef NIE ’n verwysing te gee indien inligting of menings as algemene kennis beskou word nie. Algemene kennis verwys hier na gevalle waar dieselfde inligting sonder verwysings in ten minste vyf bronne verskyn; die lesers van jou teks waarskynlik reeds met die inligting vertroud is; en die lesers van jou teks die inligting maklik in algemene inligtingsbronne (tydskrifte, koerante, ens.) sal kan vind." (Van Dyk & Coetzee, 2010:5).
 

Hoe moet ek verwys?
 

"Daar bestaan ’n hele paar standaardmaniere om na bronne te verwys. Verskillende organisasies, wetenskaplike vaktydskrifte of selfs die onderskeie departemente van ’n fakulteit kan egter elkeen verskillende voorskrifte hê vir die manier waarop verwysings gegee moet word. Dit is daarom belangrik om uit te vind wat die spesifieke voorskrifte van jou vakgebied, departement of fakulteit is." (Van Dyk & Coetzee, 2010:5).

 

Watter bibliografiese hulpmiddele is beskikbaar?
Refworks
en EndnoteWeb asook baie ander gratis internet- bibliografiese hulpmiddels soos Zotero. Ask a Librarian as jy hulp of opleiding nodig het.

 

Waar kan ek vra vir hulp of opleiding as ek sukkel met my verwysings?

  • Hulp is beskikbaar aanlyn en in gedrukte formaat in verwysingstylgidse voorgeskryf vir jou spesifieke vakgebied of fakulteit.

  • Gedrukte verwysingstylgidse is beskikbaar in die naslaanareas in die biblioteek asook in die Leersentrum en Navorsingsentrum in die JS Gericke Biblioteek. Ask a Librarian indien jy hulp nodig het.

  • "Hoe om te verwys" is ingesluit in al die Taalsentrum se modules oor akademiese geletterdheid asook in alle Inligtingsvaardighede-modules.

  • "Hoe om te verwys" is ingesluit in alle modules Inligtingwetenskap
    Sentrum vir Kennisdinamika en Besluitneming
    Inligtingsvaardighede .

  • Die Skryflab bied skryfwerkswinkels en konsultasies vir alle studente. "Hoe om te verwys" maak deel uit van al hierdie werkswinkels.

Watter stylgidse word aanbeveel deur my spesifieke vakgebied of Fakulteit?
 

By Stellenbosch Universiteit (SU) word die volgende bronne aanbeveel vir die Harvard, APA en Vancouver verwysingstyle.

 

Titel "location"
Van Dyk, T. & Coetzee, M. 2010. Maak sin van verwysing: die Harvard-, APA-, en Vancouver-metode en die voetnootstelsel. Stellenbosch: Stellenbosch University Language Centre Leersentrum LCOM 808.072 VAND
Naslaan
R808.072 VAND
Lourens, A. Scientific Writing Skills: 2007. Guidelines for writing theses
and dissertations.
Stellenbosch: SUN PReSS

 

Die volgende stylgidse word deur spesifieke fakulteite en departemente aanbeveel

Bellvilleparkkampus Inligtingsentrum

Titel "location"
Van Dyk, T. & Coetzee, M. 2010. Maak sin van verwysing: die Harvard-, APA-, en Vancouver-metode en die voetnootstelsel. Stellenbosch: Stellenbosch University Language Centre Leersentrum LCOM 808.072 VAND
Naslaan
R808.072 VAND
Lourens, A. 2007. Scientific Writing Skills: Guidelines for writing theses
and dissertations.
Stellenbosch: SUN PReSS

Fakulteit Regsgeleerdheid

Stellenbosse regstydskrif - riglyne vir outeurs

Departement Sielkunde

APA- Publication manual of the American Psychological Association. c2010. Washington, DC: American Psychological Association Naslaan
R 808.06615 PUB

Fakulteit Gesondheidswetenskappe

Vancouver - Uniform Requirements for Manuscripts Submitted to Biomedical Journals

Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe - Taaldepartemente

MLA handbook for writers of research papers. 2009. New York: Modern Language Association of America Naslaan
R808.066GIB


 

Navrae en kommentaar aan: Elbie van Wyk
© Universiteit Stellenbosch,   Laaste opdatering: 2007/03/27