|
Biblioteek- en Inligtingsdiens stel nuwe webwerf
bekend 31 Januarie 2012
Die US Biblioteek- en Inligtingsdiens stel hul nuwe webwerf die
31ste Januarie 2012 bekend. Die herontwerpte biblioteekwebwerf fokus
op die steeds veranderende kliëntebehoeftes.
Dit bied:
-
-
Nuwe tegnologie: die webwerf is op
Microsoft SharePoint 2010 WCMS gebou.
- 'n Nuwe koppelvlak met 'n skoner en eenvoudiger benadering.
-
Soek: SUNSearch, die biblioteek se nuwe soekportaal, maak 'n
integrale deel van die nuwe
webwerf uit met 'n opsie om die soekboks te vertoon of te versteek.
- Navigasie: logiese navigasiestrukture om inligting maklik
toeganklik te maak.
- Mobiele funksionaliteit: 'n mobiele ekwivalent van die vernaamste
biblioteekdienste word by
http://m.library.sun.ac.za aangebied.
Die nuwe webwerf sal by die huidige
biblioteekadres naamlik
http://library.sun.ac.za beskikbaar wees.
Biblioteekkatalogus nie beskikbaar 15 November
As
gevolg van stelselprobleme is die Biblioteekkatalogus ongelukkig nie
vandag, 15 November, vir soektogte beskikbaar nie. Ons vra om
verskoning vir enige ongerief hierdeur veroorsaak.
Probeer intussen gerus die Biblioteek- en Inligtingsdiens se nuwe
soekinstrument, SUNSearch by
http://library.sun.ac.za/SUNSearch om oor die biblioteek se
bronne heen te soek.
Vakante pos beskikbaar by die
Biblioteek- en Inligtingsdiens
Die volgende vakante pos is tans
beskikbaar by die Biblioteek- en Inligtingsdiens:
Direkteur:
Kliëntedienste & Menslike Hulpbronne-administrasie
Sluitingsdatum: 17
November 2011
Library 2.011 wêreldwye virtuele konferensie, 2-4
November
Meer as 3,500 inligtingspesialiste van 149 lande het reeds aangedui
dat hulle die
Library
2.011 Worldwide Virtual Conference,
beginnende 2 November, wil bywoon om
deel te wees van die globale gesprek oor die huidige en toekomstige
stand van biblioteke.
Hoofsprekers sluit in:
Dr. Sandra Hirsh (VSA)
Dr. Lennart Bjoerneborn (Denemarke)
Dr. Michael Stephens (VSA)
Dr. Christine Bruce (Australië)
Me. Ellen Tise (Suid-Afrika)
Mnr. Stephen Abram (VSA)
Die
volledige program is beskikbaar op die konferensiewebwerf by
http://www.library20.com/page/sessions-and-schedule.
Die konferensie word aanlyn aangebied en kan gratis bygewoon word.
Vir meer inligting, besoek gerus
http://www.library20.com.
Vakante poste beskikbaar by die JS Gericke Biblioteek
Die volgende vakante poste is tans beskikbaar by die
JS Gericke Biblioteek:
Bibliotekaris 1: Bestelafdeling
Sluitingsdatum: 19
Oktober 2011
Junior Bibliotekaris: Afdeling
Inligtingsdienste
Sluitingsdatum: 19
Oktober 2011
Tydelike Administratiewe
Beampte B1: Afdeling Informasietegnologie
Sluitingsdatum: 17
Oktober 2011
Vakante pos beskikbaar by die
Teologie Biblioteek
Die volgende vakante pos is tans
beskikbaar by die Teologie
Biblioteek:
Fakulteitsbibliotekaris: Teologie
Biblioteek
Sluitingsdatum: 19
Oktober 2011
Universiteit Stellenbosch befonds oop toegang

Professor Warnich: Departement Genetika, Universiteit Stellenbosch
Vroeër vanjaar het
Universiteit Stellenbosch Biblioteek- en Inligtingsdiens 'n
ooptoegangsfonds geskep om navorsers aan die Universiteit wat in
ooptoegangstydskrifte publiseer, te ondersteun.
Die ooptoegangsfonds kan
aangewend word vir:
- Die subsidiëring van
outeursfooie vir publikasie in ooptoegangstydskrifte;
- Institusionele lidmaatskap van ooptoegangsuitgewers soos BioMed
Central (BMC) en Public
Library of Science (PLoS). Institusionele lidmaatskap onderskryf
ooptoegangspublikasie en
maak voorsiening vir die subsidiëring van outeursfooie van Universiteit
Stellenbosch wat in
hierdie tydskrifte publiseer;
- Die subsidiëring van outeursfooie vir publikasie in gewone
tydskrifte waar 'n bykomende
fooi vereis word om oop toegang tot 'n skrywer se gepubliseerde artikel
moontlik te maak.
Dit is vir die Biblioteek
aangenaam om te kan aankondig dat die eerste ooptoegangsartikel deur
die nuwe fonds befonds en gepubliseer is. Die artikel, "Pharmacogenomic
research in South Africa: Lessons learned and future opportunities
in the rainbow nation", is met oop toegang gepubliseer in Current
Pharmacogenomics and Personalized Medicine, volume 9 (3),
September 2011: pp.191-207. Volgens die redakteur is hierdie artikel
deur Louise Warnich en mede-skrywers "a lead expert review article
that examines how best to approach new genomics biotechnologies in a
manner that carefully considers the public health needs and extant
disease burden in South Africa". Strategiese rigtings wat
toekomstige navorsing oor die onderwerp kan inslaan, word ook
geëvalueer.
Louise Warnich
is 'n
professor in die Departement van Genetika en Vise-Dekaan van die
Fakulteit AgriWetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch. Haar
span fokus hul navorsing op die bepaling van genetiese profiele van
spesifiek Afrika- en Suid-Afrikaanse bevolkings ten einde die keuse
sowel as die dosis van medisyne te kan fasiliteer.
Die artikel is beskikbaar op SUNScholar, die
Universiteit Stellenbosch se ooptoegang- navorsingsbewaarplek (http://hdl.handle.net/10019.1/16352)
of via die volgende twee skakels:
http://www.benthamdirect.org/pages/b_viewarticle.php?articleID=3169965
of
http://www.ingentaconnect.com/content/ben/cppm/2011/00000009/00000003/art00007
Vir meer inligting of om vir
befondsing aansoek te doen, kontak asseblief vir:
Renee Reagon
Direkteur: Tegniese Dienste
en Elektroniese Bronnebestuur
E-pos:
rreagon@sun.ac.za
Tel: 021 808 4877
JS Gericke Biblioteek,
lokaal 1004
Boekverkoping: JS Gericke Biblioteek
Dit is weer tyd vir die Biblioteek se jaarlikse algemene
boekverkoping. Boeke uit ’n wye verskeidenheid vakgebiede word
te koop aangebied vanaf R5-00 (slegs kontant).
Datum:
Vanaf Maandag, 5 September 2011
Plek:
JS Gericke Biblioteek, onderste vloer
Kontak asb. vir Niel Hendriksz, 021 808 4401 of
nh@sun.ac.za, vir enige verdere
inligting of navrae.
Biblioteekinduksie vir nuwe navorsers en akademiese
personeel
Is jy nuut by
Stellenbosch Universiteit en benodig jy bystand met die vind van
inligting relevant tot jou navorsing? Die Biblioteekinduksie sessie
vir nuwe navorsers en nuwe akademici is so ontwikkel om praktiese
hulp te verleen aan diegene wat begin met navorsing. Alle nuwe
dosente en navorsers is welkom om die sessie by te woon.
Datum en tyd:
Maandag, 5 September 2011, 10:00-12:00
Plek: E-klaskamer, Leersentrum (JS Gericke Biblioteek)
Fooi: Gratis
Bespreking:
http://www.lib.sun.ac.za/Library/eng/help/Training_Forms/20110905_Researchers_Induction.htm
Powerpoint:
http://www.lib.sun.ac.za/Library/eng/Happening/News/Nuwe%20dosente%20en%20navorsers.pdf
Navrae: Elbie van Wyk, tel.: 021 8084399 of e-pos:
ejvw@sun.ac.za.
Kragonderbreking, Saterdag 2 Julie
Die Munisipaliteit is
genoodsaak om nodige herstel- en opgraderingswerk te verrig op die
elektriese netwerk wat 'n kragonderbreking op Saterdag, 2 Julie 2011
van 07:00-13:00 tot gevolg gaan hê. Die hoof elektriese toevoer na
die JS Gericke Biblioteek sal onderbreek word sowel as die lewering
van biblioteekdienste tydens biblioteek-ure van 10:00-13:00.
Biblioteekinduksie vir nagraadse studente
Is jy nuut by die Universiteit en het hulp nodig om
relevante inligting vir jou navorsing op te spoor? Die
Biblioteekoriënteringsessie vir nagraadse studente is gerig om
praktiese raad te verskaf aan diegene wat met nagraadse studies
begin.
Datum en tyd:
Maandag, 12 September 2011, 10:00-12:00
Plek: E-klaskamer, Leersentrum (JS Gericke Biblioteek)
Fooi: Gratis
Bespreking:
http://www.lib.sun.ac.za/Library/eng/help/Training_Forms/20110912_PG_Induction.htm
Powerpoint:
http://www.lib.sun.ac.za/Library/afr/Happening/News/Nagraads.pdf
Navrae: Elbie van Wyk, tel.: 021 8084399 of e-pos:
ejvw@sun.ac.za.
Bibliografiese databestuur met
Refworks vir Beginners
Worstel jy dalk om jou navorsing se verwysings effektief te bestuur?
Refworks is 'n elektroniese hulpmiddel, vryelik beskikbaar aan alle
studente en personeel van die Universiteit, wat jou in staat stel om
'n bibliografie saam te stel soos wat jou navorsing vorder.
Bibliografiese besonderhede van die bronne wat jy raadpleeg, word
outomaties vasgelê. Dié verwysings word dan in jou teks ingevoer in
die verwysingsstyl van jou keuse. Die stelsel kan ook vir
nie-elektroniese bronne gebruik word as die spesifieke bron in 'n templaat ingevoer is.
Datum en plek: Woensdag, 14 September 2011, 10:00-12:00
Plek: E-klaskamer, Leersentrum (JS Gericke Biblioteek)
Fooi: Gratis
Bespreking:
http://www.lib.sun.ac.za/Library/eng/help/Training_Forms/20110914_Refworks.htm
Powerpoint:
http://www.lib.sun.ac.za/Library/eng/Learning_Commons/SUNRefWorks.pdf
Navrae: Elbie van Wyk, tel.: 021 8084399 of e-pos:
ejvw@sun.ac.za.
Bibliografiese databestuur met Refworks
Gevorderd
Het jy reeds 'n Refworks rekening en weet jy hoe om 'n bibliografie
saam te stel? Indien wel, is jy gereed vir 'n gevorderde Refworks
opleidingsessie. Refworks is 'n elektroniese verwysingshulpmiddel, vryelik beskikbaar aan alle
studente en personeel van die Universiteit, wat jou in staat stel om
'n bibliografie saam te stel soos wat jou navorsing vorder.
Bibliografiese besonderhede van die bronne wat jy raadpleeg, word
outomaties vasgelê. Dié verwysings word dan in jou teks ingevoer in
die verwysingstyl van jou keuse. Deelnemers aan hierdie sessie sal
insig kry in die bestuur, stoor en deel van alle tipes inligting en
leer om aflyn met verwysings te werk.
Datum en plek: Woensdag, 14 September, 14:00-15:00
Plek: E-klaskamer, Leersentrum (JS Gericke Biblioteek)
Fooi: Gratis
Bespreking:
http://www.lib.sun.ac.za/Library/eng/help/Training_Forms/20110914_Refworks_advanced.htm
Navrae: Elbie van Wyk, tel.: 021 8084399 of e-pos:
ejvw@sun.ac.za.
Verbeter Jou Soekstrategie vir nagraadse
studente, navorsers en personeel
Hierdie sessie sal op verskeie generiese soekstrategieë fokus.
Datum en tyd:
Dinsdag, 13 September 2011, 10:00-12:00
Plek: E-klaskamer, Leersentrum (JS Gericke Biblioteek)
Fooi: Gratis
Bespreking:
http://www.lib.sun.ac.za/Library/eng/help/Training_Forms/20110913%20Search%20strategy.htm
Powerpoint:
http://www.lib.sun.ac.za/Library/eng/Learning_Commons/Improve%20your%20search%20strategy%20demo.htm
Navrae: Elbie van Wyk, tel.: 021 8084399 of e-pos:
ejvw@sun.ac.za.
Biblioteek stel bekend: EBSCOhost sagteware vir die
iPhone
Die nuwe EBSCOhost iPhone sagteware is nou gratis beskikbaar en bied
gerieflike en omvangryke funksionaliteit wat gebruikers in staat
stel om:
- te kies uit 'n seleksie van databasisse
- resultate tot volteks of ewekniebeoordelde (peer-reviewed) tekste
te beperk
- volgens relevansie of datum te sorteer
- volteksresultate in HTML en/of PDF formate af te laai
- resultate vir latere aflyntoegang te stoor
- resultate aan jouself of andere te e-pos
Vir die eenmalige installering van sagteware, klik die EBSCOhost
iPhone/iPod Touch Application skakel onderaan die EBSCOhost
webblad by
http://library.sun.ac.za/connect/ebscohost en volg die
instruksies.
Leer meer aangaande EBSCOhost Mobile en die nuwe iPhone sagteware by
http://www.ebscohost.com.ez.sun.ac.za/academic/mobile-access.
Kontak Paulette Talliard by tel. 021 808 9046 of e-pos
plt@sun.ac.za indien jy meer
inligting verlang.
Bibliografiese databestuur met
Refworks vir Beginners
Worstel jy dalk om jou navorsing se verwysings effektief te bestuur?
Refworks is 'n elektroniese hulpmiddel, vryelik beskikbaar aan alle
studente en personeel van die Universiteit, wat jou in staat stel om
'n bibliografie saam te stel soos wat jou navorsing vorder.
Bibliografiese besonderhede van die bronne wat jy raadpleeg, word
outomaties vasgelê. Dié verwysings word dan in jou teks ingevoer in
die verwysingsstyl van jou keuse. Die stelsel kan ook vir
nie-elektroniese bronne gebruik word as die spesifieke bron in 'n templaat ingevoer is.
Datum en plek: Maandag, 9 Mei 2011, 10:00-12:00
Plek: E-klaskamer, Leersentrum (JS Gericke Biblioteek)
Fooi: Gratis
Bespreking:
Navrae: Elbie van Wyk, tel.: 021 8084399 of e-pos:
ejvw@sun.ac.za.
Breadbin (Freedom Toaster) geïnstalleer in
Leersentrum, JS Gericke Biblioteek
' n
Breadbin alias Toaster is sopas in die Leersentrum van die JS
Gericke Biblioteek op ’n proefbasis geïnstalleer. Breadbin
Interactive spesialiseer in die beskikbaarmaking van digitale inhoud
deur raakskerm kiosks. Inhoud tans vervat sluit in sagteware, oop
opvoedkunde inhoud, musiek, video's, e-boeke, ens. Laai jou
gunsteling gratis programmatuur (CutePDF, Adobe Reader), speletjies,
distro's, Ted Talks en Gutenberg boeke hier af. Om meer hieromtrent
te lees, klik
http://www.breadbin.co.za/.
Vir verdere voorstelle vir inhoud en vir
navrae, skakel gerus met Elbie van Wyk,
tel.:
021 8084399 of e-pos:
ejvw@sun.ac.za.
Elsevier Reaxys databasis-opleiding (Reaxys
volg op die Crossfire Beilstein and Gmelin databasis)
Elsevier se Reaxys databasis volg op die Crossfire Beilstein and
Gmelin databasis. Reaxys is 'n intuïtiewe,
gebruikersvriendelike, web-gebaseerde platform om Beilstein, Gmelin
en The Patent Chemistry Database (PCD) te soek.
Video's:
http://www.info.reaxys.com/training-center
Datum en plek: Maandag, 9 Mei 2011, 14:00-16:00
Plek: E-klaskamer, Leersentrum (JS Gericke Biblioteek)
Fooi: Gratis
Bespreking:
http://www.lib.sun.ac.za/Library/eng/help/Training_Forms/20110509_Reaxys.htm
Navrae: Elbie van Wyk, tel.: 021 8084399 of e-pos:
ejvw@sun.ac.za.
Bestuur van bibliografiese verwysings met
Refworks
Gevorderd
Het jy reeds 'n Refworks rekening en weet jy hoe om 'n bibliografie
saam te stel? Indien wel, is jy gereed vir 'n gevorderde Refworks
opleidingsessie. Refworks is 'n elektroniese verwysingshulpmiddel, vryelik beskikbaar aan alle
studente en personeel van die Universiteit, wat jou in staat stel om
'n bibliografie saam te stel soos wat jou navorsing vorder.
Bibliografiese besonderhede van die bronne wat jy raadpleeg, word
outomaties vasgelê. Dié verwysings word dan in jou teks ingevoer in
die verwysingstyl van jou keuse. Deelnemers aan hierdie sessie sal
insig kry in die bestuur, stoor en deel van alle tipes inligting en
leer om aflyn met verwysings te werk.
Datum en plek: Dinsdag, 10 Mei 2011, 09:00-10:00
Plek: E-klaskamer, Leersentrum (JS Gericke Biblioteek)
Fooi: Gratis
Bespreking:
http://www.lib.sun.ac.za/Library/eng/help/Training_Forms/20110510_Refworks
advanced.htm
Navrae: Elbie van Wyk, tel.: 021 8084399 of e-pos:
ejvw@sun.ac.za.
Wenner van die Sony eBoekleser aangekondig
Tharine Stoumann, 'n
derdejaar mediese student, is op 12 April 2011 tydens 'n
Elsevierlesing in die JS Gericke Biblioteek as die wenner van die
Sony PRS-600 eBoekleser
aangekondig.
Mej. Stoumann het by die Gesondheidswetenskappe Bilioteek,
Tygerbergkampus, ingeskryf vir die Biblioteek- en Inligtingsdiens se
kompetisie om 'n Sony eBoekleser te wen. Die doel van die kompetisie
was om gebruikers aan geselekteerde e-boektitels, beskikbaar deur
middel van die ScienceDirect platform,
bekend te stel.
Die prys is deur Elsevier Uitgewers geborg. Veels geluk, Tharine!
Bibliografiese databestuur met
Refworks vir Beginners
Worstel jy dalk om jou navorsing se verwysings effektief te bestuur?
Refworks is 'n elektroniese hulpmiddel, vryelik beskikbaar aan alle
studente en personeel van die Universiteit, wat jou in staat stel om
'n bibliografie saam te stel soos wat jou navorsing vorder.
Bibliografiese besonderhede van die bronne wat jy raadpleeg, word
outomaties vasgelê. Dié verwysings word dan in jou teks ingevoer in
die verwysingsstyl van jou keuse. Die stelsel kan ook vir
nie-elektroniese bronne gebruik word as die spesifieke bron in 'n templaat ingevoer is.
Datum en plek: Maandag, 11 April 2011, 10:00-12:00
Plek: E-klaskamer, Leersentrum (JS Gericke Biblioteek)
Fooi: Gratis
Bespreking:
Navrae: Elbie van Wyk, tel.: 021 8084399 of e-pos:
ejvw@sun.ac.za.
Verbeter Jou Soekstrategie vir nagraadse
studente, navorsers en personeel
Hierdie sessie sal op verskeie generiese soekstrategieë fokus.
Datum en tyd:
29 Maart 2011, 11:00-13:00
Plek: E-klaskamer, Leersentrum (JS Gericke Biblioteek)
Fooi: Gratis
Bespreking:
Powerpoint:http://www.lib.sun.ac.za/Library/eng/Learning_Commons/Improve%20your%20search%20strategy%20demo.htm
Navrae: Elbie van Wyk, tel.: 021 8084399 of e-pos:
ejvw@sun.ac.za.
Biblioteekinduksie vir nagraadse studente
Is jy nuut by die Universiteit en het hulp nodig om
relevante inligting vir jou navorsing op te spoor? Die
Biblioteekoriënteringsessie vir nagraadse studente is gerig om
praktiese raad te verskaf aan diegene wat met nagraadse studies
begin.
Datum en tyd:
28 Maart 2011, 10:00-12:00
Plek: E-klaskamer, Leersentrum (JS Gericke Biblioteek)
Fooi: Gratis
Bespreking:
Powerpoint:
http://www.lib.sun.ac.za/Library/afr/Happening/News/Nagraads.pdf
Navrae: Elbie van Wyk, tel.: 021 8084399 of e-pos:
ejvw@sun.ac.za.
Nasionale Biblioteekweek word gevier by US, 22-25
Maart 2011
Nasionale
Biblioteekweek bied jaarliks die geleentheid om die rol van die
Biblioteek in die samelewing en veral hier op kampus te vier. Ons
nooi julle dus graag om gedurende dié week 'n paar spesiale
aktiwiteite by te woon.
Lees in jou taal @ jou
Biblioteek: Uitstalling, JS Gericke Biblioteek
Die uitstalling vier
die tema vir Biblioteekweek 2011, naamlik Lees in jou taal @ jou
Biblioteek. Die gebrek aan 'n leeskultuur is 'n bron van groot
kommer en groter bewustheid daaromtrent behoort aangemoedig te word.
Alhoewel lees in verskeie sektore hoog op die agenda is, spreek
hierdie jaar se Biblioteekweek tema tot hierdie saak en benadruk die
belangrikheid van moedertaallees, terwyl dit terselfdertyd die
gebruik van biblioteke bevorder.
Die uitstalling sluit geselekteerde items van die JS Gericke
Biblioteek in.
Boetekwytskelding
'n Boetegrasie word
toegestaan vir boeke wat laat terugbesorg word tussen 22-25 Maart
2011. (Opgeloopte boetes nie ingesluit nie).
BIBLIOTEEKOPLEIDING:
Biblioteekinduksie vir nuwe navorsers en akademici
Is jy nuut by
Stellenbosch Universiteit en benodig jy bystand met die vind van
inligting relevant tot jou navorsing? Die Biblioteekinduksie sessie
vir nuwe navorsers en nuwe akademici is so ontwikkel om praktiese
hulp te verleen aan diegene wat begin met navorsing. Alle nuwe
dosente en navorsers is welkom om die sessie by te woon.
Aanbieder: Elbie van Wyk, Bibilioteek- en Inligtingsdiens
Datum: Dinsdag, 22 Maart 2011
Tyd: 10:00-12:00
Plek: E-lokaal, JS Gericke Biblioteek
Kliek hier om te bespreek:
http://www.lib.sun.ac.za/Library/eng/help/Training_Forms/20110322_Researchers_Induction.htm
Kliek
hier vir Powerpoint
Leer om
navorsingsuitsette te evalueer m.b.v. ISI Web of Knowledge Citation
Reports
Die doel van die
werkswinkel is om akademici in staat te stel om self 'n
sitaatanalise in ISI Web of Science uit te voer om
navorsingsuitsette te evalueer. Identifikasie van geskikte
tydskrifte vir publikasie van artikels sal ook bespreek word.
Aanbieder: Philip Purnell, verteenwoordiger ISI Web of Knowledge
Datum: Donderdag, 24 Maart 2011
Tyd: 08:30-14:00
Plek: Stellenbosch, STIAS
Kliek hier om te bespreek:
http://www.lib.sun.ac.za/Library/eng/help/Training_Forms/20110324_Thompson%20Reuters%20Citation%20analysis.htm
Eskom skenk die volledige Power Series aan die
Ingenieurs- en Bosboubiblioteek
Die Eskom Power Series is 'n versameling naslaanwerke van
wêreldklasformaat, 'n betroubare en hoog aangeskrewe bron van
tegniese inligting en praktiese ondervinding. Die reeks is
deur plaaslike en internasionale spesialiste saamgestel en sal groei
soos wat die industrie en die behoefte aan energie toeneem.
Bestuur van bibliografiese verwysings met
Refworks vir beginners
Worstel jy dalk om jou navorsing se verwysings effektief te bestuur?
Refworks is 'n elektroniese hulpmiddel, vryelik beskikbaar aan alle
studente en personeel van die Universiteit, wat jou in staat stel om
'n bibliografie saam te stel soos wat jou navorsing vorder.
Bibliografiese besonderhede van die bronne wat jy raadpleeg, word
outomaties vasgelê. Dié verwysings word dan in jou teks ingevoer in
die verwysingsstyl van jou keuse. Die stelsel kan ook vir
nie-elektroniese bronne gebruik word as die spesifieke bron in 'n templaat ingevoer is.
Datum en plek: Woensdag, 30 Maart 2011, 10:00-12:00
Plek: E-klaskamer, Leersentrum (JS Gericke Biblioteek)
Fooi: Gratis
Bespreking:
Navrae: Elbie van Wyk, tel.: 021 8084399 of e-pos:
ejvw@sun.ac.za.
Bestuur van bibliografiese verwysings met
Refworks
Gevorderd
Het jy reeds 'n Refworks rekening en weet jy hoe om 'n bibliografie
saam te stel? Indien wel, is jy gereed vir 'n gevorderde Refworks
opleidingsessie. Refworks is 'n elektroniese verwysingshulpmiddel, vryelik beskikbaar aan alle
studente en personeel van die Universiteit, wat jou in staat stel om
'n bibliografie saam te stel soos wat jou navorsing vorder.
Bibliografiese besonderhede van die bronne wat jy raadpleeg, word
outomaties vasgelê. Dié verwysings word dan in jou teks ingevoer in
die verwysingstyl van jou keuse. Deelnemers aan hierdie sessie sal
insig kry in die bestuur, stoor en deel van alle tipes inligting en
leer om aflyn met verwysings te werk.
Datum en plek: Woensdag, 30 Maart 2011, 14:00-15:00
Plek: E-klaskamer, Leersentrum (JS Gericke Biblioteek)
Fooi: Gratis
Bespreking:
Navrae: Elbie van Wyk, tel.: 021 8084399 of e-pos:
ejvw@sun.ac.za.
Leersentrum gesluit tydens openingsgeleentheid 16
Februarie, 16:00-19:00
Neem asseblief kennis dat die Leersentrum
gesluit sal wees op 16 Februarie van 16:00-19:00 weens die amptelike
openingsgeleentheid. Ons maak verskoning vir enige ongerief.
Bestuur: US Biblioteek- en Inligtingsdiens
Interlenings pryse
Aangesien alle internasionale interlenings
leweransiers 'n addisionele wisselende kopieregfooi by die basiese
tarief op artikelversoeke hef, is die Interleningsafdelings van die
US Biblioteek- en Inligtingsdiens genoodsaak om eers die werklike koste vir
gebruikers te kwoteer alvorens enige bestelings deurgevoer kan word.
Die kostes ten opsigte van internasionale boekaanvrae (R450-00)
sowel as plaaslike interbiblioteeklenings (40c per bladsy / alle
boeke gratis) bly onveranderd.
Vakante pos beskikbaar by die JS Gericke Biblioteek
Die volgende vakante pos is tans beskikbaar by die
JS Gericke Biblioteek:
Bibliotekaris:
Elektroniese bronne
Sluitingsdatum is verleng na 28 Februarie 2011
Vakante pos beskikbaar by die
Gesondheidswetenskappe Biblioteek
Die volgende vakante pos is tans
beskikbaar by die Gesondheidswetenskappe
Biblioteek:
Klerklike
assistent
Sluitingsdatum: 15 Februarie 2011
Nuwe eet- en drinkbeleid vir die JS Gericke Biblioteek
Tydens 'n onlangse
Seniorbestuursvergadering is die eet- en drinkbeleid in heroorweging
geneem. Die nuwe beleid is:
* Geen eetgoed. Geen drinkgoed, slegs
water in morsvrye houers.
Navrae / kontakpersoon: Delene
Pretorius, tel. 808-4382, e-pos: dp2@sun.ac.za.
Die afdeling Spesiale Versamelings
in die JS Gericke Biblioteek benodig die dienste van ’n
studente-assistent vir 2011
Werksure: 12 ure per werksweek
(Ma.-Vr. 8:00-16:30), ingedeel volgens beskikbaarheid van die
suksesvolle kandidaat.
Pligte:
• Algemene administratiewe funksies
• Sortering en fisiese versorging van dokumentversamelings
Vereistes:
• Noukeurigheid
• Rekenaarvaardigheid
• Goeie interpersoonlike vaardighede
• Kommunikasievaardighede in beide Afrikaans en Engels
Aanbevelings:
Belangstelling in en kennis van Suid-Afrikaanse Geskiedenis en
Afrikaanse Letterkunde.
Op nagraadse vlak in ’n toepaslike studierigting met min gereelde
klasbywoning.
Diensaanvaarding: 1 Maart 2011
Sluitingsdatum vir aansoeke: 11 Februarie 2011
Navrae: Me Mimi Seyffert by (021) 808 4887 of e-pos:
mseyf@sun.ac.za
’n Volledige Curriculum Vitae met toepaslike dekbrief moet gerig
word aan Me MC Seyffert, Spesiale Versamelings, JS Gericke
Biblioteek. Aansoeke kan ingehandig word by die Afdeling Spesiale
Versamelings, lokaal 1065, in die JS Gericke Biblioteek, of per
e-pos aangestuur word na mseyf@sun.ac.za of per faks na (021) 808
3723.
Nuwe studente, kom neem op 25 en 26
Januarie deel aan biblioteekoriëntering en wen ’n prys!
’n Foto-kompetisie word
aangebied vir nuwe studente wat 25 of 26 Januarie die
biblioteekoriënteringsprogram van die JS Gericke Biblioteek bywoon.
Tydens biblioteekoriëntering
word foto’s van studente geneem en op die biblioteektuisblad by
www.sun.ac.za/library geplaas. Studente word dan lukraak op
foto’s omkring en dié studente staan dan ’n kans om ‘n prys in ’n
prystrekking te wen. Pryse sluit ‘n R1500-00
koopbewys by die Somerset-Wes Winkelsentrum in, asook R500 kontant
deur Wonderland Costumes (Stellenbosch) geborg. Die prystrekking
word op 9 Februarie 2011 om 13:00 in die JS Gericke Biblioteek
gedoen.
Onthou om ons te laat weet as
jy een van die gelukkige (omkringde) studente is deur vir Lucia
Schoombee by
lcs1@sun.ac.za ’n e-pos te stuur met jou naam en
kontakbesonderhede.
Die oriënteringsprogram behels
'n kort toer deur die JS Gericke Biblioteek en ’n demonstrasie van
die biblioteekkatalogus en -webwerf. Studente sal ook ’n oorsig kry
oor al die dienste wat die Biblioteek bied. Spesiale aandag sal
gegee word aan die Leersentrum, ’n spliternuwe, hoogs moderne
leerarea gemik op voorgraadse studente wat 31 Januarie vir die
eerste keer sy deure oopmaak.
Kliek hier om die
oriënteringsdae se indeling per fakulteit te sien.
http://www.lib.sun.ac.za/Library/afr/Happening/News/2011Faculty_timetable.pdf
Navrae: Elbie van Wyk,
tel.: 808-4399 of e-pos: ejvw@sun.ac.za.
Biblioteekopleidingsessies vir nagraadse studente, navorsers en
akademiese personeel aangebied op Maandag 24 Jan 2011
Die Biblioteek- en Inligtingsdiens bied 24 Januarie 2011 drie
sessies aan wat daarop gemik is om nagraadse studente toe te rus met
die nodige vaardighede en inligting om hulle in hul
navorsingsaktiwiteite te ondersteun en in staat stel om die
Biblioteek en sy bronne optimaal te gebruik. Belangstellendes kan al
drie sessies of individuele sessies bywoon. Die sessies is:
Biblioteekoriëntering vir nagraadse studente
Is jy nuut by die Universiteit en het hulp nodig om relevante
inligting vir jou navorsing op te spoor? Die
Biblioteekoriënteringsessie vir nagraadse studente is gerig om
praktiese raad te verskaf aan diegene wat met nagraadse studies
begin.
Datum en tyd: Maandag, 24 Januarie 2011, 08:30-10:30
Plek: E-klaskamer, Leersentrum (JS Gericke Biblioteek)
Fooi: Gratis
Bespreking:
http://www.lib.sun.ac.za/Library/eng/help/Training_Forms/20110124_PG_Induction.htm
Powerpoint:
http://www.lib.sun.ac.za/Library/afr/Happening/News/Nagraads.pdf
Navrae: Elbie van Wyk, tel.: 021 8084399 of e-pos: ejvw@sun.ac.za.
Verbeter jou soekmetode
Is jy onseker of jy korrek na inligting soek en bekommerd dat jy
dalk inligting wat relevant is vir jou navorsing oorslaan? Hierdie
sessie fokus op verskeie algemene soekmetodes: van die "quick and
dirty" of maklike metodes tot die boublokmetode word aangespreek.
Persone wat die sessie bywoon, sal leer om onderwerpe te analiseer
en om soekbenaderings te ontwikkel om aanlyn uit te voer.
Datum en tyd: Maandag, 24 Januarie 2011, 10:30-12:30
Plek: E-klaskamer, Leersentrum (JS Gericke Biblioteek)
Fooi: Gratis
Bespreking:
http://www.lib.sun.ac.za/Library/eng/help/Training_Forms/20110124_PG_Search.htm
Powerpoint: kliek
hier vir powerpoint
Navrae: Elbie van Wyk, tel.: 021 8084399 of e-pos: ejvw@sun.ac.za.
Bestuur van bibliografiese verwysings met Refworks - Vir beginners
Worstel jy dalk om jou navorsing se verwysings effektief te bestuur?
Refworks is ‘n elektroniese hulpmiddel, vrylik beskikbaar aan alle
studente en personeel van die Universiteit, wat jou in staat stel om
‘n bibliografie saam te stel soos wat jou navorsing vorder.
Bibliografiese besonderhede van die bronne wat jy raadpleeg, word
outomaties vasgelê. Dié verwysings word dan in jou teks ingevoer in
die verwysingsstyl van jou keuse. Die stelsel kan ook vir
nie-elektroniese bronne gebruik word as die spesifieke bron in ‘n
templaat ingevoer is.
Datum en plek: Maandag, 24 Januarie 2011, 13:45-15:45
Plek: E-klaskamer, Leersentrum (JS Gericke Biblioteek)
Fooi: Gratis
Bespreking:
http://www.lib.sun.ac.za/Library/eng/help/Training_Forms/20110124_Refworks.htm
Navrae: Elbie van Wyk, tel.: 021 8084399 of e-pos: ejvw@sun.ac.za.
Meer inligting word op die biblioteekwebwerf verskaf by:
http://www.lib.sun.ac.za/Library/eng/Research_Commons/Events_and_workshops.html.
|
|
|
|
|