|
|
|
|
Stellenbosch
Universiteit Biblioteekdiens
|
|
|
Aanwysings na Stellenbosch vanaf Kaapstad Aanbevelings Besoekers wat in Kaapstad bly en die Stellenboschkampus wil besoek, word aangeraai om eerder van gehuurde motors gebruik te maak vir die rit na Stellenbosch. Die trein- en taxidienste na Stellenbosch word nie aanbeveel nie. Doen asseblief navraag by u hotel/gastehuis oor 'n betroubare diens indien u geen ander keuse het as om 'n taxi te gebruik nie. Aanwysings Kaapstad se middestad is ongeveer 50 km vanaf Stellenbosch. Volg die N1-deurpad na die Paarl. Draai by Uitgang 39 [Stellenbosch] af en draai regs op die R304. Volg die pad tot by Stellenbosch. Wanneer u in die dorp is, draai links in Merrimanlaan by die vyfde verkeerslig. Draai regs in Ryneveldstraat by die tweede verkeerslig. Ry verby een gebou aan die linkerkant. Die ingang tot 'n besoekersparkeerarea is aan die linkerkant (sien Kaart 1). Besoekersparkering is ook beskikbaar by alle plekke wat met 'n "P" op die kaart aangedui word. Die JS Gericke Biblioteek is agter die Administrasie A-gebou, wat regoor die parkeerarea is. Die ander biblioteke op die Stellenboschkampus kan per motor of te voet vanaf hierdie punt bereik word (sien Kaart 1). Aanwysings na Stellenbosch vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe Aanbevelings Besoekers wat direk vanaf die lughawe na die
Stellenboschkampus wil ry, word aangeraai om van gehuurde motors gebruik
te maak vir die rit. Daar is geen trein- of ondergrondse diens vanaf die
lughawe beskikbaar nie. Die taxidienste word nie aanbeveel nie. Doen
asseblief navraag by die lughawe se terminaal oor 'n betroubare diens
indien u geen ander keuse het as om 'n taxi te gebruik nie. Aanwysings Stellenbosch is ongeveer 35 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe. Volg die Lughawe-uitgangspad vanaf die lughawe. Draai links by die Somerset Wes-uitgang op die N2-deurpad. Draai by Uitgang 33 af [Baden-Powellweg, Stellenbosch]. Draai links op die R310. Volg die pad (ongeveer 23 km) tot by 'n T-aansluiting en draai regs. Volg die pad tot in Stellenbosch totdat u die tweede T-aansluiting bereik (onmiddellik links na die treinstasie). Draai links op die R44. Draai regs in Merrimanlaan by die tweede verkeerslig. Draai regs in Ryneveldstraat by die derde verkeerslig. Ry verby een gebou aan die linkerkant. Die ingang tot 'n besoekersparkeerarea is dadelik links (sien Kaart 1). Besoekersparkering is ook beskikbaar by alle plekke wat met 'n "P" op die kaart aangedui word. Die JS Gericke Biblioteek is agter die Administrasie A-gebou, wat regoor die parkeerarea is. Die ander biblioteke op die Stellenboschkampus kan per motor of te voet vanaf hierdie punt bereik word (sien Kaart 1). Aanwysings na die Bellvilleparkkampus vanaf Kaapstad Aanbevelings Besoekers wat in Kaapstad bly en die Bellvilleparkkampus wil besoek, word aangeraai om eerder van gehuurde motors gebruik te maak vir die rit na Bellville. Die trein- en taxidienste word nie aanbeveel nie. Doen asseblief navraag by u hotel/gastehuis oor 'n betroubare diens indien u geen ander keuse het as om 'n taxi te gebruik nie. Aanwysings Bellville is ongeveer 15 km vanaf Kaapstad. Volg die N1-deurpad na die Paarl. Draai by Uitgang 23 af en draai links in Willie van Schoorlaan. Draai links in Mispelstraat by die eerste verkeerslig. Draai links in Carl Cronjestraat by die volgende verkeerslig en draai regs by die eerste verkeerslig. Volg die pad tot by die ingang van die Bellvilleparkkampus. Die Bellvilleparkkampus Inligtingsentrum is in die hoofgebou regoor die N1-deurpad (sien Kaart 2). Die besoekersparkeerarea is langs hierdie gebou. Aanwysings na die Bellvilleparkkampus vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe Aanbevelings Besoekers wat direk vanaf die lughawe na die Bellvilleparkkampus wil ry, word aanbeveel om van gehuurde motors gebruik te maak vir die rit. Daar is geen trein- of ondergrondse diens vanaf die lughawe beskikbaar nie. Die taxidienste word nie aanbeveel nie. Doen asseblief navraag by die lughawe se terminaal oor 'n betroubare diens indien u geen ander keuse het as om 'n taxi te gebruik nie. (Besoekers wat na Kaapstad wil reis vanaf die lughawe word aangeraai om dieselfde te doen, of om die lughawe se pendeldiens te gebruik na Kaapstad se middestad.) Aanwysings Die Bellvilleparkkampus is ongeveer 20 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe. Volg die Lughawe-uitgangspad en draai links in Borcherd Quarryweg [M22 na Bellville]. Draai regs in Modderdamweg by die derde verkeerslig [M10 na Bellville]. Draai links in De La Reyweg by die tweede verkeerslig. Hou reguit aan vir 3 km en draai regs in Francie van Zijlrylaan by die vierde verkeerslig (verkeersligte by voetoorgange is nie bygetel nie). Volg Francie van Zijlrylaan verby die Tygerbergkampus (verkeersligte), volg die haarnaalddraai oor die spoorlyn en draai links in Mike Pienaar-boulevard by die volgende verkeerslig. Draai regs op die N1-deurpad na die Paarl by die vyfde verkeerslig. Volg die N1-deurpad, draai af by Uitgang 23 en draai links in Willie van Schoorlaan. Draai links in Mispelstraat by die eerste verkeerslig. Draai links in Carl Cronjestraat by die volgende verkeerslig en draai regs by die eerste verkeerslig. Volg die pad na die omheining van die Bellvilleparkkampus. Die Bellvilleparkkampus Inligtingsentrum is in die hoofgebou regoor die N1-deurpad (sien Kaart 2). Die besoekersparkeerarea is langs hierdie gebou. Aanwysings na Bellvilleparkkampus vanaf Stellenbosch Aanbevelings Besoekers wat in Stellenbosch bly en die Bellvilleparkkampus wil besoek, word aangeraai om eerder van gehuurde motors gebruik te maak vir die rit na Bellville, waar die kampus geleë is. Die trein- en taxidienste word nie aanbeveel nie. Doen asseblief navraag by u hotel/gastehuis oor 'n betroubare diens indien u geen ander keuse het as om 'n taxi te gebruik nie. Aanwysings Die Bellvilleparkkampus is ongeveer 35 km vanaf Stellenbosch. Neem Birdstraat in die rigting van die N1. Volg die pad (R304) vir ongeveer 15 km en draai links op die N1. Volg die N1-deurpad en draai af by Uitgang 23. Draai regs in Willie van Schoorlaan, links in Mispelstraat by die tweede verkeerslig en weer links in Carl Cronjestraat by die volgende verkeerslig. Draai nou by eerste verkeerslig regs en volg die pad na die ingang van die Bellvilleparkkampus. Die Bellvilleparkkampus Inligtingsentrum is in die hoofgebou regoor die N1-deurpad (sien Kaart 2). Die besoekersparkeerarea is langs hierdie gebou. Aanwysings na die Tygerbergkampus vanaf Kaapstad Aanbevelings Besoekers wat in Kaapstad bly en die Tygerbergkampus wil besoek, word aangeraai om eerder van gehuurde motors gebruik te maak vir die rit na Bellville, waar die kampus geleë is. Die trein- en taxidienste word nie aanbeveel nie. Doen asseblief navraag by u hotel/gastehuis oor 'n betroubare diens indien u geen ander keuse het as om 'n taxi te gebruik nie. Aanwysings Bellville is ongeveer 15 km vanaf Kaapstad. Volg die N1-deurpad na die Paarl. Draai by Uitgang 20 af en draai regs in Mike Pienaar-boulevard. Draai regs in Francie van Zijlweg by die derde verkeerslig. Draai links by die eerste verkeerslig. Volg die pad tot by die ingang van die Tygerbergkampus. Die Gesondheidswetenskappe Biblioteek is op die derde vloer van die Kliniese gebou (sien Kaart 3 of vra die sekuriteitswag by die ingang vir aanwysings). Besoekersparkering is reg oorkant die gebou beskikbaar. Aanwysings na die Tygerbergkampus vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe Aanbevelings Besoekers wat direk vanaf die lughawe na die
Tygerbergkampus wil ry, word aangeraai om van gehuurde motors gebruik te
maak vir die rit na Bellville, waar die kampus geleë is. Daar is geen
trein- of ondergrondse diens vanaf die lughawe beskikbaar nie. Die
taxidienste word nie aanbeveel nie. Doen asseblief navraag by die
lughawe se terminaal oor 'n betroubare diens indien u geen ander keuse
het as om 'n taxi te gebruik nie. Aanwysings Die Tygerbergkampus is ongeveer 15 km vanaf
Kaapstad Internasionale Lughawe. Volg die Lughawe-uitgangspad en draai
links in Borcherd Quarryweg [M22 na Bellville]. Draai regs in
Modderdamweg by die derde verkeerslig [M10 na Bellville]. Draai links in
De La Reyweg by die tweede verkeerslig. Hou reguit aan vir 3 km en draai
regs in Francie van Zijlrylaan by die vierde verkeerslig (verkeersligte
by voetoorgange is nie bygetel nie). Volg Francie van Zijlrylaan en
draai regs by die eerste verkeerslig tot by die ingang van die
Tygerbergkampus. Die Gesondheidswetenskappe Biblioteek is op die derde vloer
van die Kliniese gebou (sien
Kaart
3 of vra die sekuriteitswag by die ingang vir aanwysings).
Besoekersparkering is reg oorkant die gebou beskikbaar. |
|
© 2003 Universiteit Stellenbosch Biblioteekdiens / 2013/02/01 opgedateer |